Laerskool Sabie bied elke 2 jaar ‘n oorspronklike revue aan. Vir die afgelope 10 jaar was elke aanbieding uit die boonste rakke! Ons juffrouens gebruik elke moontlike hoek om ‘n vars en opwindende tema daar te stel wat die leerders interesseer en leer om meer te bereik as wat hulle gedink het!